Skoollied

Ons Skoollied

Waar die swart goud uit die aarde kom
En Hoëveld se goudgeelson
Die blinkblaar mielielande kus
Waar die najaar blom in kosmosbont
Staan die CVO van Middelburg

Van Bo gegrond om hier te dien en werk
En die Anker hou ons vas
Nimmer sal ons twyfel
God beskik en ons berus
Ons hoor die roepstem
Uit die skatkis van ‘n volksverhaal
Vir God, vir volk, vir vaderland
Is geen offer ooit te groot
En soet verwoord in die skoonste moedertaal
Kom die boodskap tot die jeug
Onthou, bewaar
‘n Goue erfenis!